WELKOM AS 'N GAS BY MY WEBBLAD!!!

Dankie dat jy die moeite doen om in te loer. Sal jy so gaaf wees om 'n boodskappie in my "Besoekersboek" te skrywe?

11. Jul, 2015

Marie van den Heever

Ds Hennie,

Ons is so opgewonde oor die nuus dat jy na Augrabies toe kom vir dienste! Sien met vewagting uit daarna. Mag die Here jou ryklik seën om Sy woord duidelik en reguit te kom vekondig. Ons bid al geruime tyd vir ons omgewing, dat die Here sal werk deur die Heilige
Gees en mense se geestes oë verlig sal word sodat hulle ook Sy Lig en Waarheid kan aanskou! Ons bid vir u vir die reeks dienste wat voorlê en sê ook baie dankie vir die pragtige webblad. Dis n fees!

21. Dec, 2014

Christa le Roux

Middag Ds. Hennie.

Ek bid die Here se seën oor jou werk. Ons het soveel seë ontvang uit jou reeks van Die Eindtyd gebeure en die reeks oor Openbaring. Baie dankie.

10. Jul, 2014

estelle

Goeie more ds Hennie. Ek wil net dankie se vir die Wederkoms-reeks 5 jaar gelede. Dit het my uit die dood en na die LEWE gebring! Ons dien 'n God van wonders!

7. Jun, 2014

Mimie Pretorius en gesin

Ds.Hennie.
Ek is so jammer om te verneem van jou ma se siekte. Weet jy is in ons gebede, asook jou ma. Ons weet mos ons Skeper het 'n manier om mens kalmte daar in die Bosveld te gee. Jy en jou gesin is spesiaal.
Groete

Website 6. Mar, 2014

Jannie Dry

Ds Hennie
Dis nou bykans 5 jaar wat ons paaie gekruis het en sedertdien groei ek elke dag geestelik deur u cd's en dvd's. Soos ek al vir Ds genoem het, kon ek Ds nog nooit uitvang dat Ds 'n enkele millimeter afwyk van die Woord van God. Dit is wat
dit so kosbaar maak in vandag se tyd - die WAARHEID - wat ons nie meer i sy volheid hoor nie. Dankie vir Ds se absolute eerlike en reguit verkondiging van die Woord. Dit is my gebed dat hierdie Waarheid duisende se geestelike oë en ore sal laat oopgaan. Dit
is wat ons land en sy mense nodig het. Mag Ds voortdurende gesalf word om te kan sê: SO SPREEK DIE HERE!

21. Feb, 2014

Riaana Henze

Baie dankie Ds Hennie vir kosbare inligting!! Mag ons Vader se ryke seen uitgestort word op u eindtyd bediening

17. Nov, 2013

Dora Greeff

Ds Hennie, ek en my vriendinne hier op Tarkastad het baie CD's bestel en geluister. In die proses het skille van ons oë afgeval, ons ore oop gegaan en ons harte branded geword vir onse Here. Baie dankie.

28. Oct, 2013

Annelie Prinsloo

Ons is amper by die 10,000 besoekersmerk. So opgewonde vir jou part! Ons is dankbaar vir die kosbare boodskap oor Sy wederkoms wat elke wedergebore mens bemoedig om te volhard in geloof dat HY WEER GAAN KOM.
So trots op jou deur Sy instaatstelling.
Vroutjie

14. Oct, 2013

Martie Beukes

Goeiemore, gister se boodskap uit Openbaring oor die Joodse bruilof was vir besonder insiggewend en interessant, baie dankie. Ek gaan beslis die reeks bestel.
Seenwense op u werk

27. Sep, 2013

Christiaan Pietersen

Goeie naand Dr. Prinsloo
Ek is so opgewonde in gees, dat daar nog vandag geleerde mense is, soos u wat nie die Woord verdraai nie!
Ek het die profetiese dvd reeks van 13 boodskappe wat in 2010 opgeneem was in minder as 7 dae gekyk!
Veral die
tekens van die tye was 'n ware eye-opener gewees! Veral oor die hongersnood en aardbewings!

Baie dankie vir die oorgawe waarmee dit oorgedra was! Alle eer aan God se Salwing!!!
Sterkte en groetnis, Chris

17. Aug, 2013

elsa erasmus

Hi
Was ek bly on die web weerte kry noukan ek weer cd bestel. Dit is altyd baie kosbaar. \ek soek na 'n spesifieke cd was gehandel het oor die 3 dae wat Jesus dood was wat daar alles gebeur het het die cd gehad maar het verloor.

25. Jun, 2013

Marie van Straten

Hello Ds Hennie. So lekker om weer in kontak te kan wees uit verre Australie. Is daar enige moontlikheid dat ons u boeke in e-book formaat kan koop en download? Liefde en seenwense vir u en Annelie.
Marie van Straten (Potgieter)
marie.vanstraten@gmail.com

9. Jan, 2013

Isabel van der Linde

Goeiemiddag ds Hennie, u is n Geesvervulde en toegewyde man van God, dit slaan deur, soos u in een van u preke gese het . Ek het al so baie van u preke geluister en ek dank God vir iemand soos u wat die Woord so duidelik maak. Mag die Here u en u eggenote
ryklik seen. Groete Isabel

2. Jan, 2013

Gerhard

Puik webblad, dit is sooos ons u ken, groete Gerhard en Lynette

2. Jan, 2013

Gerhard

Puik webblad, dit is sooos ons u ken, groete Gerhard en Lynette

28. Dec, 2012

Jonic Badke

Hello Ds Hennie,

wow ek is baie bly dat ek die website gevind het. In Afrikaans en dan ook nog iets om te leer van die Bybel!!
Veral hier in Duitsland is dit maar moeilik om informasie so in die hande kry soos wat ek dit uit Suid-Afrika gewoond
is!!
Ek bid dat hierdie webblad gebruik sal word en dat mense sal uitvind en lees en Jesus vind!!
Nogmaals baie dankie daarvoor!

Net 'n voorstel: Is dit moontlik om die boeke per e-boek te kan "download", of is dit dalk in beplanning?

22. Dec, 2012

Lynette Els

Hallo ds Hennie
U webblad is pragtig. Wat 'n wonderlike manier om deur middel van hierdie webblad so 'n instrument in Sy Hande te kan wees. Ons glo en vertrou dat ons Hemelse Vader Sy doel sal bereik met hierdie webblad en dat dit tot uitbreiding van
Sy Koninkryk sal wees. Al die eer aan onse Koning

5. Dec, 2012

Vroutjie

Wil graag 'n foto'tjie stuur
Lief jou!

5. Dec, 2012

Vroutjie

So trots op jou!

4. Dec, 2012

Linda Landman

Hallo ds. Hennie
Baie, baie dankie nou kan ons weer ons weer lekker rustig raak om die woord.

1. Dec, 2012

Regardt Venter

Hallo ds Hennie!
Dit lyk baie goed! Baie professioneel!

30. Nov, 2012

Piet Redelinghuys

LIEWE Ds Hennie, Die "WOORD" kom nou toe "SY REG" ek is so opgewonde wat nou in die wereld gebeur, WANT DIT IS ALREEDS BEVESTIG, "SY" KOMS IS BAIE NABY !!!!!!!!

30. Nov, 2012

Delia Bruwer

Hi Pa,

Baie wonderlik! Mal hieroor!

Lekker dag.

Liefde
Delia
xxx

30. Nov, 2012

Frikkie

Hallo da! Dit is nogal interressant om te sien hoeveel mense reeds op die webblad was! Selfs to ek die eerste keer daarna gekyk het, het die metertjie net bly rol! Groetnis Oliviers